Hou op Rook

Hou op Rook – en maak Meer Vriende
Met die eerste oogopslag maak die stelling dalk nie veel sin nie: Hou op rook – en maak meer vriende. Maar as ons dieper begin kyk, raak baie dinge duideliker…

Hou in gedagte dat die aantal rokers elke jaar minder word, en die nie-rokers meer. Dis hoekom dit elke jaar nodig is om groter belastings in te stel op tabakprodukte. Voeg daarby die feit dat baie nie-rokers glad nie wil assosieer met rokers nie, en jy sny jouself uit ‘n goeie deel van die samelewing.

Mense wat rook is nie so kieskeurig oor diegene wat hulle as hul vriende kies nie. Nie-rokers, aan die ander kant, is ‘n erg kieskeurige klomp. Kyk maar net hoe gaan party van hulle aan as hul blootgestel word aan rokers…

Nier-rokers wil nie deel he aan wat rokers in die lug blootstel nie. Hulle verkies om self te besluit wat hulle in hul liggame wil inlaat, en is ook baie kieskeurig oor waaraan hulle hul kinders blootstel. Hulle het, per slot van rekening, hul redes hoekom hulle kies om nie sigarette te rook nie.

Nie-rokers -omdat hul reuk-sintuig beter is as die van rokers, is baie meer bewus van die onaangename reuke wat saam met rokers trek – in hul klere, hul motors, hul huise, ens. Diegene wat nog steeds rook se sintuie is effe afgestomp, so hulle ervaar dit nie so erg nie.

Nie-rokers hou nie daarvan om verontrief te word te wille van rokers se gewoontes nie. Voorbeelde wissel van die dringende stop by ‘n kafee wanneer iemand haastig iewers heen moet gaan, tot die een wat nie kan wag tot die kerkdiens klaar is sodat hy of sy kan gaan rook nie.

So…

As die nie-rokers klink soos ‘n onredelike klomp mense…

Dalk. Maar gaan gesels met enige iemand wat suksesvol opgehou rook het – en kry dan sy of haar perspektief op die saak. Jy mag dalk verbaas wees om te sien hoe hul houding teenoor rokers verander het sedert hul self opgehou het.

Laastens – hou die volgende in gedagte:

Baie rokers is al oorgesien as potensiele vriende, en selfs lewensmaats – bloot omdat hulle rook. Is jy bereid om die risiko te loop dat jy die pefekte vriend/-in of selfs ‘n lewensmaat moet prysgee omdat jy jouself met twak ophou?

Jou keuse. Maar dink mooi.

Gereed om op te hou rook? KLIEK HIER OM NOU TE BESTEL

Nog nie seker nie? KLIEK HIERvir meer inligting oor ons beproefde, natuurlike produk

Author: Karien Venter

Wil Jy Regtig Ophou Rook? Lees Verder…
So baie mense wil graag ophou rook – maar dit bly net by praat, en daar kom uiteindelik niks van nie. Baie probeer selfs, maar gooi uiteindelik die handdoek in. “n Klein groepie druk deur en hou uiteindelik op met rook. Wat is die verskil tussen die wat wil en die wat dit wel doen?

Dis nie net wilskrag nie – want daar is baie mense met baie wilskrag wat eenvoudig nie kan ophou rook nie. Dieselfde geld vir deursettingvermoe. Daar is egter twee dinge wat die suksesvolle rookstakers in gemeen het:

1. Hulle het hule gedagtegang vroegtydig reggekry. Moenie se “ek gaan ophou rook, want my vrou hou nie daarvan nie”. Solank jy dit ter wille van iemand anders wil doen, sal jy nooit ‘n sterk genoeg motivering he om jou deur te dra nie. Se liewer “ek gaan ophou rook, en na dit gaan my vrou gelukkiger wees”.

Om jou gedagtegang reg te kry behels twee groot stappe – eerstens moet jy erken dat jou sigaret ‘n probleem is, en tweedens moet jy belsuit dat jy daarvan wil ontslae raak. Dit moet gebeur omdat JY dit wil he, want dit is JOU lewe en JOU keuse. Niemand anders s’n nie.

2. Hulle het hul gesonde verstand gebruik. As jy weet jy raak rusteloos as jy probeer ophou rook, kry iets om te doen wanneer jy wil rook. Speel ‘n speletjie op jou selfoon of jou rekenaar, teken iets, of doen iets kleins maar produktief. As jy weet jy begin meer eet as jy probeer ophou rook, hou iets byderhand wat nie so erg vetmaak nie – daar is baie opsies.

En dan – as jy al vantevore probeer ophou rook het en onsuksesvol was – probeer ‘n ander metode. As dit nie gewerk het die vorige keer wat jy eenvoudig jou sigarette weggegooi het nie, hoekom sal dit nou werk? Ja, as jou gedagtegang beter is het jy ‘n beter kans – maar wil jy dit waag?

Die laaste ding wat jy nodig het – veral as jy al vantevore probeer ophou rook het – is nog teleurstelling. Kyk rond, vra vrae tussen vriende wat opgehou het, en kyk watter metodes werk vir ander mense (maar wat jy self nog nie probeer gebruik het nie).

En gebruik jou gesonde verstand – sekere goed kan mos nie regtig werk nie. Soos om meer nikotien in jou gestel in te sit terwyl jy probeer ophou rook (plakkers, kougom, e-sigarette), of om anti-depressante te neem (ja – vra gerus jou dokter uit oor die gewilde voorskrif…:)…

So…

Kry jou gedagtegang reg. Dink logies. Kry iets wat werk – vir jou. En wees suksesvol.

Gereed om op te hou rook? KLIEK HIER OM NOU TE BESTEL

Nog nie seker nie? KLIEK HIERvir meer inligting oor ons beproefde, natuurlike produk

Author: Karien Venter

Hoekom Straf Jy Jouself so om te kan Rook?
Dis verbased hoeveel rokers hulself sal straf net om te kan bly rook. Jy doen dit dalk uit gewoonte, maar het jy al ooit bymekaargetel hoeveel opofferings en ontberings jy moet deurmaak om te kan rook?

Net ‘n paar gedagtes:

1. Hoeveel keer het jy al uitgegaan in die koue, wind of reen om te kan gaan rook? Is daar regtig enige iets anders buiten ‘n sigaret waarvoor jy gereeld die elemente sal trotseer?

2. Hoeveel keer moes jy al opmerkings, en selfs beledigings van nie-rokers ontbeer? Mense wat nooit gerook het nie, weet mos nie hoe moeilik dit is om los te breek van nikotien verslawing nie…

3. Jy weet dat jy jou gesondheid in gevaar stel – tog doen jy dit keer op keer net om te kan bly rook. Jy weet mense is al dood aan verskillende vorms van kanker, en ander sukkel met ernstige probleme weens langtermyn rookgewoontes – tog is jy bereid om dit te trotseer.

4. Jy is bereid om baie materiele dinge op te offer om te kan rook – doen bietjie die wiskunde en sien wat rook jou kos oor ‘n maand, jaar, dekade, ens. Doen dan die wiskunde en sien wat die geld sou werd wees as jy dit bv in ‘n uitkeerpolis sou bele, of selfs net in die bank sou spaar en renter kry daarop.

5. Jy is bereid om deur nie-rokers vermy te word – ongeag hoe graag jy met sekeres onder hulle sou wou assosieer. Hoeveel mense wat vir jou kon deure oopmaak, of dinge makliker maak, moes jy al vermy omdat hulle nie rook nie, en nie met jou ge-assosieer wil wees nie?

6. Jy is bereid om diegene vir wie jy omgee, se gesondheid in gevaar te stel – deur tweedehandse rook – ongeag watter probleme hulle mag ontwikkel daardeur. Baie mense het al gesterf weens tweedehandse rook, en baie ander sukkel met ernstige mediese probleme weens langtermyn blootstelling aan sigaretrook.

7. Jy is bereid om jare van jou lewe op te offer om te kan rook – dis statisties bewys dat die gemiddelde roker ‘n aantal jare minder leef as die gemiddelde nie-roker.

Nou kom die vraag: Hoekom straf jy jouself so? Is die twak dit werd?

Jou keuse – maar dink mooi. Baie mooi.

Gereed om op te hou rook? KLIEK HIER OM NOU TE BESTEL

Nog nie seker nie? KLIEK HIERvir meer inligting oor ons beproefde, natuurlike produk

Author: Karien Venter

Rook jy, of is jy in beheer van jou eie lewe?
Dink mooi: Rook jy, of is jy in beheer van jou eie lewe? Want as jy rook, is jy nie heeltemal in beheer nie. Jy mag dalk beter voel wanneer jy gerook het, maar dis net tydelik…

Hou die volgende in gedagte:

1. Wanneer jy rook, kan jy nie besluit wanneer jy (nie) wil rook nie – jy raak ge-irriteerd as jy lus raak, en nie ‘n sigaret het nie. Indien jy dan ingee, beheer die sigaret JOU.

2. “n Roker mag nooit sonder sigarette of aansteker wees nie. Hoeveel keer het jy al teruggery huistoe, or onbeplan by ‘n kafee gestop om sigarette en/of aansteker te koop nadat jy joune by die huis vergeet het?

3. Hoeveel keer het jy al buite toe gegaan om te gaan rook (want jy MOET rook, al mag jy dit nie daar doen waar jy op daardie oomblik is nie), of in gure weer gaan rook? Die rooklus vra nie of jy mag nie – hy se net jy MOET.

4. Het jy al probeer ophou rook, en gefaal? Dan is die sigaret mos onteenseglik in beheer…:)

Moet nooit die verslawende eienskappe van nikotien onderskat nie. Reeds in die tagtigerjare het sigaretmaatskappye geweet dat dit erg verslawend is, en dit gebruik om hul inkomste stabiel te hou.

Net soos ‘n alkoholis nie sonder alkohol KAN klaarkom nie, en ‘n dwelmverslaafde nie sonder dwelmmiddels KAN klaarkom nie, KAN ‘n roker ook nie sonder sigarette klaarkom nie.

Indien jy ‘n roker is en voel hierdie stelling is absurd, sit jou sigarette neer vir ‘n maand – as jy kan.

As jy nie kan nie, is jy nie in beheer van jou eie lewe nie.

Gereed om op te hou rook? KLIEK HIER OM NOU TE BESTEL

Nog nie seker nie? KLIEK HIERvir meer inligting oor ons beproefde, natuurlike produk

Author: Karien Venter

Tieners vind dit moeiliker om op te hou rook…
In party gebiede is rook onder tieners besig om toe te neem – ten spyte van die beskikbaarheid van hedendaagse kennis. Dit blyk dat tieners dit moeiliker vind as volwassenes om op te hou rook, en met rede…

Hou die volgende in gedagte:

1. Groepsdruk

Ons is almal bewus van die toenemende intensiteit van groepsdruk teenoor ons kinders. Dit dryf al hoe meer tieners na dwelms, alkohol, sigarette…

Die mens het van nature ‘n behoefte aan sosiale aanvaarding, en sal in baie gevalle ver gaan om in ‘n groep aanvaar te word – dalk weens die primitiewe instink van “veiligheid in getalle”.

2. Rolmodelle

Alhoewel dit nie meer so algemeen is soos voorheen nie, word die beeld van die rebelse tiener (wat rook) steeds in baie verhale voorgehou. Tieners assosieer hulself daarmee, en voel dis ‘n manier om uiting te gee an hul weersin met die wereld.

3. Familie

In baie gevalle het rokende tieners dan ook ouers wat self rook. As sulks word hy of sy dan groot met die persepsie van “as my ouers dit doen, kan is dit mos reg as ek dit ook doen…

Die impak van ouers se gedrag teenoor kinders is sigbaar op baie gebiede, insluitende rook, alkohol en dwelm-misbruik, en self gesinsgeweld.

So…

As ouer is dit jou verantwoordelikheid om jou tiener te help om hierdie struikelblokke te bowe te kom – of ten minste nie self een te wees nie.

Tieners is kwesbaar – omdat meeste van hulle nog besig is om hulself te vind, en hul plekkie in die samelewing te probeer definieer. Sonder behoorlike leiding (nie net instruksies en waarskuwings nie), bevind hulle dalk dat hulle nerens inpas nie, en probeer dan hopeloos te hard om wel iewers in te pas…

Dikwels op die verkeerde maniere.

Gereed om op te hou rook? KLIEK HIER OM NOU TE BESTEL

Nog nie seker nie? KLIEK HIERvir meer inligting oor ons beproefde, natuurlike produk

Author: Karien Venter

In die ou dae was dit “in” om sigarette te rook…
As mens terugkyk na ou rolprente, was dit destyds die “in-ding” vir rolmodelle om te rook. Die uitbeelding van ‘n man wat rook is voorgehou as manlik, sterk, en onweerstaanbaar….

Wat het gebeur? Jong seuns het hulself met hul rolmodelle se gedrag begin assosieer. Jong dames het die voorgehoude beeld van “die sterk man wat rook” as vanselfsprekend aanvaar, en die assosiasie gemaak…

Vir ‘n tyd lank het dit alles mooi uitgewerk soos die sigaret-industrie dit wou he. Maar toe gebeur iets onbeplan…

Die gemiddelde persoon se algemene kennis het begin verbreed – soos inligting al hoe meer en meer geredelik beskikbaar geword het.

As gevolg daarvan, gekoppel aan jare se navorsing, het die verbruiker geleer dat daar ‘n verskeidenheid van gesondheid-gevare gekoppel is aan die rook van sigarette.

Tesame met dit het die gemiddelde verbruiker meer krities begin raak, en die onaangename reuke afstootlik begin vind. Dit, tesame met die gesondheids-gevare, het selfs tot gevolg gehad dat nie-rokers uiteindelik sou weier om saam met rokers ‘n restaurant te deel…

Soos wat die mensdom se kennis en toegang tot higiene verbeter het, het die reuke wat aan klere, meubels, ens vasklou ook al hoe minder aanvaarbaar geword. Om natuurlik nie te praat van die huisvrouens en vuil asbakke nie…

Uiteindelik het al die faktore saamgespan om die lewe vir sigaret-rokers al hoe moeiliker te maak, en selfs uit baie publieke plekke te verdryf.

Waar rook op een stadium die “in-ding” was, het dit nou die “sosiaal onaanvaarbare gewoonte” van ‘n minderheid geword.

Nie dat die sigaret-industrie kla nie – soos minder en minder mense rook, pas hul eenvoudig die pryse aan vir die oorblywende verslaafdes.

Is jy nog een van hulle?

Gereed om op te hou rook? KLIEK HIER OM NOU TE BESTEL

Nog nie seker nie? KLIEK HIERvir meer inligting oor ons beproefde, natuurlike produk

Author: Karien Venter

Kan die rook van sigarette jou dom maak?
Die fisiese effek van rook op jou gesondheid is lankal reeds bewys, maar onlngse navorsing het bewys dat daar ‘n verband is tussen nikotien verbruik en verstandelike vermoe – veral as dit kom by langtermyn rokers…

Op een stadium het die persepsie ontstaan dat rook jou brein verskerp, en korttermyn geheue verbeter. Dit blyk nou egter dat rook dit slegs doen vir mense wat in elk geval rook…

As sulks bewys dit net weer die verslawende eienskappe van nikotien, wat toediening vereis voordat die gebruiker optimaal kan funksioneer.

Eenvoudig gestel: As jy ‘n roker is, en jy rook vor ‘n toets, sal jy beter vaar – maar nie beter as wanneer jy glad nie gerook het nie.

Studies wat die akademiese prestasies van nie-rokers vergelyk met die van ligte rokers, en die van ligte rokers met die van swaar rokers, het herhaaldelik bewys dat hoe minder jy rook, hoe beter werk jou brein.

So ja – dit blyk dat rook ‘n negatiewe impak het op jou verstandelike of intellektuele vermoe het.

Eeenvoudig gestel: Rook maak jou dom – of ten minste dommer as wat jy werklik is.

“n Ander interessante studie het ondersoek ingestel na psigo-motoriese vermoe (beheer oor bewegings), veral in ouer persone. Eerstens het nie-rokers oor die algemeen beter gevaar as rokers, maar diegene wat voorheen gerook en toe opgehou het, het ook goed gevaar. Dus kan jy die skadelike effek omkeer deur op te hou rook, selfs op ‘n gevorderde ouderdom.

Dit is deels te wyte aan die feit dat rook toestande skep wat die vloei van bloed (en dus suurstof) na die brein beperk.

Om natuurlik nie ta praat van al die ander snaakse gifstowwe wat oor tyd opbou in jou liggaam (en brein) nie.

Wanneer jy ophou rook, sal jou brein waarskynlik in opstand kom teen die afwesigheid van nikotien – wat mos nodig is vir optimale funksionering danksy die verslawende meganisme – maar dis bloot tydelik. Sodra die hunkerings verdwyn, sal jou brein opklaar, en selfs beter werk as vantevore.

Gereed om op te hou rook? KLIEK HIER OM NOU TE BESTEL

Nog nie seker nie? KLIEK HIERvir meer inligting oor ons beproefde, natuurlike produk

Author: Karien Venter

Hou op Rook – 7 Voordele van Ophou Rook
Vir meeste mense is die keuse om op te hou rook een van die moeilikste keuses om te maak – veral as jy vir ‘n geruime tyd gerook het. Partymaal is egter slegs een ding nodig – ‘n eenvoudige verskuiwing in persepsie. Jy mag dalk verder wil lees…

1. Wanneer jy ophou rook, verminder die risiko vie hart-verwante siektes met die helfte binne die eerste jaar. Dink net: 50% minder waarskynlikheid van ‘n hartaanval, beroerte, of selfs hoe bloeddruk – bloot omday jy EEN verandering aan jou lewenstyl aangebring het. Jy sal ook minder geneigd wees om uitasem te raak, gespanne te wees of konstant moeg te voel.

2. Rook laat jou ouer lyk as wat jy werklik is (sien die artikel getiteld “rook laat jou oud lyk”), en veroorsaak vlekke op jou vingers en tande. Wanneer jy ophou rook vertraag jy die onnatuurlike veroudering, en jy sal vir langer jonk lyk.

3. Rook belemmer jou smaak – want net soos die nikotien in jou longe saampak, doen dit dieselfde op jou tong. Dit interfeer met jou smaak-meganisme, en jy verloor die vermoe om besondere kosse te waardeer. Wanneer jy ophou, verminder die neerslag geleidelik, en uiteindelik kan jy kos weer ten volle geniet.

4. Wanneer jy sigarette uit jou lewe verwyder, hou jy op om gemeen te wees teenoor diegene vir wie jy omgee – want jy forseer nie meer jou tweedenadse rook op hulle af nie. As sulks kan jou besluit dalk iemand naby aan jou se lewe red – baie mense het al gesterf van longkanker weens tweedehandse rook.

5. Nie-rokers is statisties bewys as meer vrugbaar, en nie-rokende moeders se kanse om ‘n miskraam te he is heelwat kleiner as die van rokers.

6. Terwyl jy sigarette rook, word jou reuksintuig (nes jou smaak) ook verminder. As sulks kan jy nie altyd ruik wat andere om jou ruik nie – soos kos, blomme, ens. Wanneer jy ophou sal jou reuk-vermoe geleidelik terugkeer, terwyl jy, jou klere, jou huis en motor al hoe minder sleg sal ruik, Uiteindelik sal jy in staat wees om te ruik hoe ander rokers ruik, en dit sal jou waarskynlik walg die dag wanneer jy dit self kan ruik.

7. Jy sal jouself ‘n klein fortuin spaar – sien die artikel getiteld “hoeveel kos dit jou werklik om te rook?”. Buiten die geld wat jy op sigarette spandeer, sal jy ook ophou om jou huis en motor se waarde te verminder, en jou mediese uitgawes sal uiteindelik minder wees (veral wanneer jy ouer word, en dit saak maak).

Laastens – nie-rokers leef gewoonlik langer. Hou in gedagte dat die verlore jare van jou lewe nie die slegtes is nie (want rokers wat oud word sukkel gewoonlike selfs meer as nie-rokers), maar die goeies. Elke sigaret wat jy rook verkort blykbaar jou lewe met sowat tien minute – hoeveel jaar van jou lewe het jy reeds verloor?

Dis nooit te laat – of te vroeg – om op te hou rook nie. Dit is egter ironies dat jy hierdie voordele slegs kan waardeer wanneer jy dit ervaar.

So…

Neem jou lewe terug.

Stop. Vandag.

Gereed om op te hou rook? KLIEK HIER OM NOU TE BESTEL

Nog nie seker nie? KLIEK HIERvir meer inligting oor ons beproefde, natuurlike produk

Author: Karien Venter

Moet jy dalk jou werkers help om op te hou rook?
Sodra jy al die veranderbares begin optel, begin die syfers toon dat dit sin maak om jou werknemers te help om op te hou rook indien moontlik. Oorweeg die volgende, en bepaal self watter effek dit op jou onderneming het:

1.Die sigbare koste:

Elke keer wat ‘n roker sy of haar pos verlaat om uit te gaan en te rook, betaal jy as werkgewer vir die tyd wat dit neem om die rook-area te bereik, te rook, en terug te keer tot by sy of haar pos. Afhangende van waar die rook-area gelee is, en of die persoon sigarette op sy of haar persoon mag hou, kan dit van ‘n paar sekondes tot ‘n hele klompie minute wees.

Nou – bereken hoe gereeld jou staf rook, hoe lank dit neem, en wat dit jou kos. NIE net in terme van wat JY betaal nie, maar in terme van wat elke werker se tyd vir JOU werd is. Byvoorbeeld: “n ambagsman by ‘n ingenieurswerke bring ‘n spesifieke bedrag in vir sy werkgewer elke uur wat hy werk. Dis DAARDIE tarief wat jy verloor, want die tyd kon op iets anders aangewend word om nog geld te genereer, of die projek vinniger klaar te kry.

2. Die verlore tyd:

As jy werk op ‘n uurlikse tarief sal jy vind dat rokers gewoonlik minder produktief is as nie-rokers. As sulks verminder dit die kapasiteit van jou onderneming in terme van beskikbare man-ure wat jy kan verkoop. As die roker ‘n verkoopspersoon is, kan dit jou selfs geld kos as gevolg van swak diens omdat hy of sy nie vinnig genoeg by die klient kan uitkom nie.

3. Nie-beskikbaarheid:

Terwyl die roker besig is met ‘n rook-breuk is hy of sy nie beskikbaar om enige ander taak te verrig nie. Sommige kan eenvoudig wees en min tyd verg, maar ander kan dalk dringend wees, en nou moet jy wat totdat die werker terugkeer.

4. Die effek op ander werknemers:

Terwyl die roker besig is om te rook in die (wetlik vereiste) rook-area soos aangewys, is hy of sy nie beskikbaar om te koordineer, toestemming te verleen/verkry, of instruksies te gee/neem nie. As sulks beinvloed die nie-beskikbaarheid van die roker ook die produktiwiteit van ander werknemers, wat tot die finansiele las bydra.

Die totale impak hiervan sal afhang van die die aard van jou onderneming, die totale hoeveelheid personeel, en die sleutelfunksies wat elkeen vervul. Selfs ‘n drywer wat skielik afwesig is wanneer iets so gou moontlik moet afgelewer word kan ‘n impak he op die kwaliteit van jou diens – wat uiteindelik ‘n impak op jou inkomste kan he. Vyf minute meer of minder kan dalk die verskil maak tussen of jy ‘n permanente verskaffer word al dan nie – en die klient kan ook ander mense beinvloed, positief of negatief.

5. Onregverdige behandeling kweek negatiewe houdings:

Werknemers wat rook is geregtig op gereelde rook-breuke. Bied jy dieselfde tyd af aan nie-rokende werknemers? Of betaal jy hulle ekstra omdat hulle meer produktief is? Bes moontlik nie. As sulks behandel jy jou nie-rokers onregverdig, omdat jy meer van hulle verwag as rokers, terwyl hulle niks in ruil daarvoor kry nie.

Die eindresultaat is dat rokers en nie-rokers uiteindelik ‘n gemeenskaplike weersin ontwikkel, omdat die rokers die vyandigheid kan aanvoel. Soos die atmosfeer tussen die twee groepe opbou, is dit waarskynlik dat dit – op een of ander stadium – ‘n negatiewe impak sal he op werksverhoudings, wat weer ‘n direkte impak sal he op jou inkomste.

Klink dit vergesog? Noem aan jou rokende werknemers dat die nie-rokers ook dieselfde tyd wil afhe – en kyk wat is die reaksie. Die eerste reaksie is gewoonlik een van “dis mos belaglik. Hoekom?”.

Aan die einde van die dag is dit JOU sak wat geraak word, en JY moet die impak daarvan bepaal en bestuur.

Dit laat jou as werkgewer met drie opsies:

a. Sny alle rook-breuke – met inagneming van die risiko van mislike, ge-irriteerde staf wat nie voluit presteer of kan saamwerk in die span nie. Dis dalk nie juis die beste keuse nie, want die sekondere effekte kan jou dalk selfs meer geld kos.

b. Laat die rokers ekstra tyd inwerk vir wat hulle afvat gedurende werkstyd. ALhoewel dit moontlik is, is dit nie altyd prakties nie, want iemand moet daar weews om toesig te hou – en jy moet daardie persoon betaal, so jy verloor nog steeds.

c. Help soveel moontlik werknemers om op te hou rook. Jy kan aanbied om die behandeling of podukte wat hulle wil gebruik te subsidieer (deels of ten volle), met die verstandhouding dat die wat weer begin rook daarna, die koste moet terugbetaal.

Die beste opsie is dalk om (a) en (c) te kombineer. Dit sal druk plaas op die rokers om op te hou rook, terwyl jy ‘n meganisme aanbied om dit moontlik te maak. Terselftertyd dwing jy gelyke produktiwiteit en gelyke behandeling van jou werknemers af – sonder dat jy die vark in die verhaal is.

Aan die einde van die dag is dit – in meeste gevalle – op die langer termyn die goedkoopste opsie om jou werknemers te help om op te hou rook.

Gereed om op te hou rook? KLIEK HIER OM NOU TE BESTEL

Nog nie seker nie? KLIEK HIERvir meer inligting oor ons beproefde, natuurlike produk

Author: Karien Venter

Wat het jy hierdie maand uitgerook?
As jy nog nie besluit het om op te hou rook nie, mag jy dalk oorweeg om ‘n stappie terug te neem, en na dit kyk vanuit ‘n ander oogpunt – deur te meet wat jy prysgegee het die afgelope maand…

Hier is ‘n paar basiese voorbeelde van wat jy dalk met jou geld kon gedoen het as jy dit nie op sigarette spandeer het nie. Dit is rofweg bereken gebaseer op die pryse van die ouer, gevestigde fabrikate. besluit vir jouself watter van hierdie op jou spesifieke situasie van toepassing is:

1. Jy kon twee brode per dag koop – sestig in totaal.

2. Jy kon die versekering op jou voertuig betaal het.

3. Jy kon gaan uiteet en/of ‘n spesiale tyd met iemand deel – kan jy enigsins die waarde daarvan in jou verhouding bereken?

4. Jy kon nog klere of skoene tot jou klerekas toegevoeg het.

5. Jy kon die geld bygevoeg het by jou vakansie-spaarbussie – en dit kan oor ‘n jaar ‘n mooi hoeveelheid word.

6. Jy kon elke aand ‘n nuwe DVD gehuur en geniet het.

7. (dames) Jy kon jouself bederf het met skoonheids-behandelings.

8. Jy kon ‘n splinternuwe rekenaarspeletjie van jou keuse gekoop het.

9. Jy kon jouself elke dag met iets lekker bederf het.

10. Jy kon iewers oorgeslaap het vir ‘n romantiese aand met iemand spesiaal.

11. Jy kon die familie uitgeneem het vir ‘n lekker dag saam.

12. Jy kon ‘n paar nuwe CD’s of selfs DVD’d gekoop het.

13. Jy kon betaal het vir DSTV.

14. Jy kon jou kar professioneel laat skoonmaak – twee keer.

15. Jy kon die geld op jou stokperdjie spandeer het, en ure se plesier daaruit gehad het.

En selfs al het jy die geld gehad om hierop te spandeer, sou jy dan weer geld gehad het vie iets anders…

Wanneer jy begin dink sal jy waarskynlik ‘n lang lys van jou eie kan skep oor wat jy met die geld KON gedoen het – wat jy toe op sigarette spandeer het. Die werklikheid is egter dat, tensy jy ophou rook, jy sal moet aanhou om dit op te offer.

So – besluit self:

Was dit die moeite werd, of nie?

Gereed om op te hou rook? KLIEK HIER OM NOU TE BESTEL

Nog nie seker nie? KLIEK HIERvir meer inligting oor ons beproefde, natuurlike produk

Author: Karien Venter