Die fisiese effek van rook op jou gesondheid is lankal reeds bewys, maar onlngse navorsing het bewys dat daar ‘n verband is tussen nikotien verbruik en verstandelike vermoe – veral as dit kom by langtermyn rokers…
Op een stadium het die persepsie ontstaan dat rook jou brein verskerp, en korttermyn geheue verbeter. Dit blyk nou egter dat rook dit slegs doen vir mense wat in elk geval rook…
As sulks bewys dit net weer die verslawende eienskappe van nikotien, wat toediening vereis voordat die gebruiker optimaal kan funksioneer.
Eenvoudig gestel: As jy ‘n roker is, en jy rook vor ‘n toets, sal jy beter vaar – maar nie beter as wanneer jy glad nie gerook het nie.
Studies wat die akademiese prestasies van nie-rokers vergelyk met die van ligte rokers, en die van ligte rokers met die van swaar rokers, het herhaaldelik bewys dat hoe minder jy rook, hoe beter werk jou brein.
So ja – dit blyk dat rook ‘n negatiewe impak het op jou verstandelike of intellektuele vermoe het.
Eeenvoudig gestel: Rook maak jou dom – of ten minste dommer as wat jy werklik is.
“n Ander interessante studie het ondersoek ingestel na psigo-motoriese vermoe (beheer oor bewegings), veral in ouer persone. Eerstens het nie-rokers oor die algemeen beter gevaar as rokers, maar diegene wat voorheen gerook en toe opgehou het, het ook goed gevaar. Dus kan jy die skadelike effek omkeer deur op te hou rook, selfs op ‘n gevorderde ouderdom.
Dit is deels te wyte aan die feit dat rook toestande skep wat die vloei van bloed (en dus suurstof) na die brein beperk.
Om natuurlik nie ta praat van al die ander snaakse gifstowwe wat oor tyd opbou in jou liggaam (en brein) nie.
Wanneer jy ophou rook, sal jou brein waarskynlik in opstand kom teen die afwesigheid van nikotien – wat mos nodig is vir optimale funksionering danksy die verslawende meganisme – maar dis bloot tydelik. Sodra die hunkerings verdwyn, sal jou brein opklaar, en selfs beter werk as vantevore.
Nog nie seker nie? KLIEK HIERvir meer inligting oor ons beproefde, natuurlike produk
Author: Karien Venter
